Wilhelm van Mariental

Wilhelm van Mariental

Wilhelm was ‘n arbeider op een van die groente plasies by die Hardap besproeings skema. Hy was ‘n noukeurige arbieder wat aandagtig na sy opdragte geluister het. Hy het homself daarop geroem dat die plaasboer hom nie twee keer een ding hoef te vertel het nie. Nee. Wilhelm was nie soos ander wat vir hom onnosel gehou het nie. So het hy dag vir dag die grond bewerk en groente het soos kinders onder sy knap hande gegroei. Dinge was salig en rus en vrede het soos ‘n swaar komber bo op Mariental gelê en niemand sou ooit kon raai dat die rustigheid gesteur sou kon word nie.

Soos die ou wêreld nou maar is kom daar van tud tot tyd winde veranderinge. So het Mariental se dag dan toe ook aangekom. Die Burgermeester wat nie veel te doen gehad het nie, was baie jaloers op oom Hampie wat die burgermeester van Keetmanshoop was. Groen oë het gereeld vanaf Mariental se Burgermeester na Keetmans s’n geflits. Die dag moes dan ook kom dat ou Hampie Keetmanshoop ewe vernaam as die Hoofstad van die Suide aangekondig het.

Nou soos almal weet is die suide van Namibia maar baie arm en niemand stel belang aan die groot oop stuk wêreld waar daar net die Witrand en die Swartrand vir ewig in die son lê en bak met niks tusssenin nie. Boerdery en toerisme was natuurlik die geldmakers vir die suide, maar nadat die Vingerklip loop omval het, het toerisme na Keetmans toe begin kwyn en Oom Hampie moes plan sien om die dorp weer op die kaart te kry.

Maar die Burgermeester van Mariental het besluit om die doenigheid in die kiem te smoor. Sy heel eerste plan was op robots in Mariental se hoofstraat te laat instaleer teen ‘n helse onkoste. Niemand het geklaag nie, want so iets was ‘n nuutjie in Marietal en die mense was baie opgewonde toe die gate beginne grou word waar die robot pale geplant sou word. So het die dag dan aangekom waarop die robots onder luide toejuiging van die dorp se inwoners aan geswiets is en waar hulle met absolute bewondering staan en kyk het hoe die robots van groen na oranje en dan sommer weer na rooi toe oorslaan. Die mense het bly staar en srtaar en die Burgermeeser moes later die konstabel vra om die mense te verwiller, wan thy wou nie graag hê die beskoerers moest dink hulle is niksgewoond nie. Set die mense dan toe uitgewyk en die robots vanaf die koöperasie se stoep loop gade slaan.

Nou vir die meeste mense in Marietal wat nooit uit die dorp kom nie was dit maar moeilik om te verduidelik hoe daar gery moet word oor daardie ligte. In die eerste week was daar so hittete ‘n groot ongeluk toe die een boer met soveel aandag na die rooi ligte sit staar dat hy reg oor die robot ry sonder om te briek en amper in oom Gert se spoorweg lorrie loop in neuk. Gelukkig had oom Gert ‘n harde stem. Toe hy skreeu toe briek daai boertjie soos wat geen rooi lig hom ooit laat briek het nie.

Dit bring my dan weer terug na Wilhelm van die besproeings skema. Nuus het uitgefilter na die omliggende plase toe en die robot was natuurlik vir 6 maande die besprekings punt van elke liewe geselskap in die kontrei. Teen die tyd wat dit dan by Wilhelm uitkom was hy toe heel gefassineerd deur die hele gedoente. “Nou waarvoor het hulle dan die ligte by die petrol stasie loop oppsit?”, vra hy vir Jakobus Vleermuis wat met die nuus die Sondag middag by sy strooise aankom. Jakobus het toe al die reël vers en kapittel geken en hy was die skema se ekspert met die dat sy jong broer ‘n drywers liksens gehad het. “Nee jy sien dis vooruitgang swaer Wilhelm” seg hy toe ewe belangrik soos wat hy die burgermeester sien praat het.

“Kyk swaer Wilhelm as djy in die dorp ry en die ligte slaan rooi dan moet djy briek. Dan moet djy wag laddie ligte wier groen slaan en dan kan djy maar ry.” Ou Wilhelm het aandag sit luister en toe sy kop laat sak en noukeurig aan sy pyp sit suig. “En as die lig oranje is wat maak djy dan?” “Nee kyk dan moet djy rondkyk. As djy niemand sien nie kan djy maar vinnig ry” “En as djy ry en die lig is rooi, wat dan?” “Wilhelm…. dan kaak djy”

Paydag het gekom en ou Wilhelm het vroeg die vorige aand vir Goliat en Simson loop vang en hulle onder die peperboom kom kniehalter waar hulle dan die nag moes slaap sodat hy hulle vroeg-vroeg die volgende oggend kon inspan. Want hy weet mos nou al. As jy haastig is en jy wil ry dan is Simson weg en Goliat staat kyk jou net aan as jy vloek. So het hy dan die volgende oggen 4 uur opgestaan en die twee donkies in die harnas ingegespe en voor die karretjie ingespan.

Hy en ou Saartjie is 5 uur daar weg met ou Saartjie toegewoel onder ‘n army kombers teen die voordag koue. Teen die tyd dat hulle Mariental se uitdraai bereik, kom die sonnetjie dan ook net-net uit. Soos hy dan die laaste lang draai in die dorp inry sien hy dan vir die eerste keer die stel groen ligte waarvan hy net gehoor het. Soos hy by Jakop gehoor het, is dit reg om te ry, maar hy het nie ver gery nie toe raak die ligte daar voor eers oranje en toe rooi en ferm trek ou Wilhelm die leisels in en dankbaar loop staan die luie Simson en Goliat. Na so ‘n tydtjie raak die ligte groen en gee hy ‘n raps in die rug bo die donkies se ore. Traag trek die twee weer aan die harnas en lui-lui kry hulle hul draf pas soos net ‘n donkie kan draf, maar nie baie verder nie loop slaan die ligte daar voor weer oranje en toe rooi en weer trek ou Wilhelm die leisels in.

So het hulle dan staan-staan die dorp ingery tot by die koöperasie. Die moeilikste deel vir ou Wilhelm was om die heel tyd te sit en omkyk nadat hulle verby die robots gery het. Want hy moes kyk waar hy ry en dan moes hy sit en omkyk vir wanneer die ligte weer laat weet lat hy moet stop. Ou Wilhelm se hart was swaar daardie heel voordag wat ou Saartjie met blink kraalogies in die koöperasie geshop het. Soos die Nama/Damara volkie mos nou is, word daar eers 6 boksies Kloof koffie gekoop. Dan word daar vir die kleingeld gewag. Dan word die kleingeld buite op die koöperasie se stoep loop tel en dan word daar beraadslaag. Dan gaat ou Saartjie weer in om ‘n pond suker te loop vra. Die kleinegeld word dan weer gevat en buite op die stoep geloop tel. En so gaan dit dan aan.

Ek sal nooit weet hoekom hulle so maak nie. Ek het nooit gevra nie, want om so iets te vra sal baie ongeskik wees. Want dit is die mense se tradisie. Die Koöperasie tannie was dit gewoond en sy het met groot geduld die inkopies hanteer. Soms moes sy met groter geduld verduidelik het dat sy hulle nie verneuk het nie en dat die kleingeld reg was. So hier teen 3 uur in die middag se kant het ou Saartjie alles gehad wat sy wou hê en sy het sowaar ook vir ou Wilhelm ‘n stukkie pruimtwak ook gekoop en liefderik in sy hand kom stop.

Op pad terug was dit weer die selle storie met die robot doer annerkant. Hulle is stop en ry stop en ry daar uit en toe hulle om die laaste draai gaan en die ligte is weg was ou Wilhelm ‘n baie gelukkige man. Die aand het hy bedruk in hulle ou holrug bedtjie met die klapperhaar matras loop inklim en daar lê en steun en kreun. Dan draai hy diekant toe en dan draai hy daai kant toe. Ou Saartjie vra later vir hom. “Wat kan jy nie stil lê nie? Het jy weer bal luis in die dorp loop optel toe ek my rug draai.?” En so kraai ou Saartjie vannie lag, want sy weet maar te goed dat ou Wilhelm sy laaste daad 5 jaar terug gedoen het en toe nooit weer nie. Ouderdom het hom gevang.

Terwyl ou Saartjie dan so lê en kekkel soos ‘n broeis hen vannie lag vra ou Wilhelm ewe hartseer. “Saartjie, hoekom moet daar rooiligte in die ou wêreld wees?”

14 Responses

  1. Harry… jy vlieg solo… Pensie se boere hard galop vrolik oor die grasvlaktes…

  2. Sorrie vir die moderboksie mense… ek help julle uit as ek by die huis kom vannaand

  3. Vir Bierpens, vir Candy, vir Delschi, vir Exparra, vir Chopper en vir Sharpie. Mag die groenligte van die lewe altyd vir julle skyn.

  4. Ek is bly om te sien daar is nou ook ‘n blog vir Harry se stories. Almal bymekaar op een plek.

  5. Harry … ek was my lewe lank die speler van die joodse klavier … en nooit kon ek verstaan hoekom kan mens nie met ‘n lysie koop… betaal en loop nie … vele houe met knopkieries en sambokke is gewissel … elke maan einde en volgende maand is hulle terrug met dieselfde ritueel… nou sak my kop in skaamte …. hoeveel keer moes hulle by die robot stop voor ons met vanuit misverstand kon begin onderhandel … ek is bly jy skryf nie oor joost nie … want ek sal jou werk verseker op my boekrak wil sien…

  6. Hi Vuurslag … nie net het Harry se stories soveel aandag getrek dat dit kekkel na 10h00 tot stilstand gebring het nie … dit was onvanpas om sy kuns tussen my kotz te laat rond dryf … Harry dit is ‘n voorreg om jou werk te bevorder en die storie kultuur te laat herlewe …

  7. Nee pensie. Wat jy skryf verstaan ek maar te goed en jy het my skaam gemaak vir my geskinder oor celebrities. Ons almal is mense.

  8. Ek hoor jou Harry … maar ek dink die nuwe look rond om jou stories pas die stories baie beter ..

  9. Harry … en toe so amper word ek ook establishment… net soos Sharpie gewaarsku het… dis so lekker as mens ‘n punt gemaak het en dit nog kan bewys ook … maar om nie grootkop te kry nie is moeilik … iets met afrikaner bloed te doen …

  10. Ek sal lekker lees hier.

  11. Baie dankie Harry :)

    Ek stem Pensie, ek sal ook maklik ‘n boek met Harry se stories koop!

    Harry, ek dink jy vermoed dalk dat jy my herken ;)

  12. En nou vat ek eers ‘n modder-bad :lol:

  13. Candy, you’ve got it right. :-D

Leave a Reply