Mense van die Duine

Mymering op ‘n Saterdagaand
Vanaand is ek heel in vervoering met my verlede en alles wat op een tydstip met my gebeur het. Amper so in vervoering díe dag op Tannie Voetjie se stoep toe ek die deur oopmaak en die ou soetkys in die hoek van die stoepkamer sien lê. Die kamer het gestink van die aartappelmoere wat daar gestoor was omdat die kamer voorheen nie in gebruik was nie. Soos enige sandvelder jou kan vertel kry jy nie maklik die reuk van aartappelmoere uit ‘n woonkamer nie.

Ek onthou nog goed dat my vadertjie en oompie Nols buite besig was om die ou huis se mure af te wit. Destyds het hulle in die Kaap sommer ‘n sak gypsum gekoop en dan die wit poeier met water gemeng en daarmee die mure geverf met growwe borsel kwaste. Die twee het rustig op tannieVoetjie se kombuis stoele sit en verf en was heel onbewus van my daar in die stoepkamer.

Om die waarheid te sê het ek ook net daar belangstelling verloor en die verwery en nader gestaan om te sien wat in die tas was. Dit was een van daai ou karton soetkyste met die hout repe bo oor die deksel en ook onder deur om die swak struktuur stewiger te hou. Ek het die deksel versigtig oop gemaak en tot my absolute plesier ‘n tas vol fotoboekies ontdek. Met groot ongeloof het ek die boonte een uitgehaal en hier op die omslag was die man wat ek eendag graag wou wees. ‘n Man met ‘n onverstrokke gesig met langerige hare en twee sideburns wat my laat snak het van verwondering en wat my hunkerend nat my eie gladde wangetjies laat voel -voel het of iets darem nie al begin groei het.

Swaar en struikelend het ek die woorde bo op die foto gelees. Rocco de Wet. “Die Grensvegter.” Soos elke laaitie destyds het ek maar te goed geweet waar die grens was en my maaitjies by die skool was maar al te bly om my in te lig oor die gory details van die gevegte wat daar plaasvind. Ons laerskool was beleër met army mans tot die tande toe gewapen en soekligte was aan ons tralies vasgeheg wat in die aande heen en weer geswaai het soos onrustige geeste deur die nag. Want die storie gaan dat hulle ‘n Typhoon doodgeskiet het op die grens en in sy besit ‘n grondplan van ons skool gevind het. Wat die bogger daarmee wou maak kan jy vir jouself raai.

The purpose of terrorism is to terrorise. So was ons van vroeg af geleer en gou-gou het die sensasie van die armymanne by ons skool vervaag en meer aandag was gegee aan die Rocco de Wet foto boekies wat in die tasse versteek was tussen al die teksboeke. My vadertjie het kort arms en diep sakke gehad en die gedagte om vir my fotoboekies te koop het nooit eers by hom opgekom nie. Volgens my vadertjie was dit snert en selfs euwel. Gaan kyk nou maar net die kaalgat vroumense. Self die dominie van Sake van die Hart het soos ‘n skelm gelyk en die Ruiter in Swart se ogens was toegemaak soos ‘n rowenaar sin. Om nie te praat van die Wit Tier nie. Enige bogger kon sien dat die Wit Tier ook die Ruiter in Swart was met ‘n blonde pruik op. Saal 7 en die Dokter Conrad Brand was sommer ook drek. Finish en klaar.

Die dag in die stoepkamer het ek benoud oor my skouer gekyk, maar niemand gesien nie. So het ek dan die hele tas by die stink kamer uitgesleep en op die verste end van die stoep my loop verlustig aan die avonture van Rocco de Wet op die grens. Maar na die eerste paar bladsye het die tergende gevoel by my ontsaan dat iets nie pluis was met die storie nie. Daar was soveel gate. Die masjiengeweer in Rocco de Wet se hande het die boor van oompie Stefaans se haelgeweer gehad en om alles te kroon was die loop met die omhulsel met die gate in ‘n Landrover se steering rod. Self ek wat ‘n laaitie was het dit dadelik gesien. Het my vadertjie dan nie ‘n maad tevore oom Vick se 3 Series reg gemaak en ek was soos altyd aan sys y en het met bewondering gekyk hoe hy die calburettor afhaal en aandagtig staan en bekyk nie?

Dan was daar die ding van Rocco wat in die helikopter afgeneem het. Ek het aandagtig na die binnekant van daai helikopter gekyk en al wat ek kon sien was die binnekant van ‘n Land Cruiser se cab. Hoeveel keer het ek in oom Kassie se Land Cruiser bakkie sit en mock drive terwyl my pa oom Kassie se blonde karakoel krulletjies in die garage geskeer het. Soos almal weet was Lang Herman die beste barber in die hele Munisipalitiet en baie manne het hier in sy garage agterstevoor op die ou kombuis stoel kom sit en nonsense sit praat terwyl Lang herman hulle hare noukeurig geskeer het. Die ou kombuis stoel wat vandag nog daar staan.

Dis dan toe dat ek uit my mymering daar op Leipoldtville op tannie Voetjie se stoep geruk word deur oom Tienie se ou-ou Toyota bakkietjie met die skerp grill waarvan die brieke soos ‘n dronk ousie gegil het as die oom wou stilhou. Almal weet oom Tienie was baie suinig. Hy het mos hoeka ou vuurhoutjies loop en optel en in ‘n jemblik in sy winkeltjie loop gooi vir incase hy dit kan gebruik eendag.

Daar leun oom Tienie uit sy bakkietjie uit en sit en kyk spottend na my vadertjie en oom Nols waar hulle sit verf. “Dis mos halwe werk om op jou gaat te sit paint Jaman!” … “Nee wat oom Tienie ons vat dit maar kalm en die mure lyk mos ook beter as jy vir hom stadig paint.”Oom Tienie sit en snork maar net en kyk die petalje so aan en hou voet by stuk lat mens liewer maar moet staan en werk anders kom die werk nie gedaan nie. Dis toe ek weer afkyk en ‘n Rocco de Wet se dapper gesig vaskyk dat ek die sêding onthou wat my vadertjie altyd vir my vertel het as ek lui was en nie wou help nie: “Van sit en staan kom niks gedaan” kom dit kliphard van my kant af ‘n my skril klein laaitie stemmetjie wat my ongewild gemaak het by baie ou mense.

Oom Tienie gee een kyk in my rigting en snork weer , maar die keer van die lag. Met díe glip die clutch onder sy velskoen uit en die ou Toyotatjie gee drie moerse bokspringe vorentoe en begin dan ‘n die pad afdarf teen ‘n goeie spoed met oom Tienie se snorklaggie wat dit guitig volg soos ‘n lammertjie sy ooi sal volg. Ek kyk versigtig in my vadertjie se rigting en sien net tande soos hy sit en runnik van die lag soos sy gewoonte was. Sy skouers skud soos een wat ‘n gramstorige bokram by die horings beet het. Oom Nols staan net en glimlag effens soos wat sy gewoonte was. Ek het vir oom Nols nooit hardop sien lag nie.

Toe kyk ek maar weer af na die man wat my op daardie dag orreed het dat ek eendag ‘n soldaat gaan wees. Ek was een van die eerste matrieks wat by die deftige army rekrute agter die lang ry tafels loop inteken het toe hulle by ons skool aankom. Waar meeste van die laaities bleek was was ek die ene plesier en het deftig my heel eerste handtekening op die army form ingevul. Op my wange het ek ge voel-voel om my sideburns al gekom het, maar ek kon net die puisies van my adolosensie voel.

Oom Tienie het aangery in Muisbos strand se rigting. Hy is later van jare aan beenmurgkanker oorlede.

Lang Herman het nog baie mure geverf voor sy dood laas jaar. Partykeer het hy gesit en verf en partykeer het hy gestaan. En elke keer was die job gedaan.

Oom Nols lewe nog en is op die oomblik in die Kaap waar hy ‘n operasie op sy bene ondergaan.

Ek sit en voel-voel aan die harde baard deurspek met grys op my wange. My army dae is net ‘n vreugdevolle, vae herhinnering. Ek vra myself af: “Is jy gelukkig oubal?” Nie regtig nie. Maar ons almal kan nie wees wat ons gedroom het ons wil wees nie. Jy lewe maar jou lewe en doen alles wat jy kan na die beste van jou vermoë. En as jy weer sien is jy oud met net jou mooi herhinneringe. Soos Rocco de Wet wat met sy rug teen die muur voor die Bottelstoor sit en yl. Maar dit is ‘n storie vir ‘n ander dag…

Wilhelm van Mariental
Wilhelm van Mariental

Wilhelm was ‘n arbeider op een van die groente plasies by die Hardap besproeings skema. Hy was ‘n noukeurige arbieder wat aandagtig na sy opdragte geluister het. Hy het homself daarop geroem dat die plaasboer hom nie twee keer een ding hoef te vertel het nie. Nee. Wilhelm was nie soos ander wat vir hom onnosel gehou het nie. So het hy dag vir dag die grond bewerk en groente het soos kinders onder sy knap hande gegroei. Dinge was salig en rus en vrede het soos ‘n swaar komber bo op Mariental gelê en niemand sou ooit kon raai dat die rustigheid gesteur sou kon word nie.

Soos die ou wêreld nou maar is kom daar van tud tot tyd winde veranderinge. So het Mariental se dag dan toe ook aangekom. Die Burgermeester wat nie veel te doen gehad het nie, was baie jaloers op oom Hampie wat die burgermeester van Keetmanshoop was. Groen oë het gereeld vanaf Mariental se Burgermeester na Keetmans s’n geflits. Die dag moes dan ook kom dat ou Hampie Keetmanshoop ewe vernaam as die Hoofstad van die Suide aangekondig het.

Nou soos almal weet is die suide van Namibia maar baie arm en niemand stel belang aan die groot oop stuk wêreld waar daar net die Witrand en die Swartrand vir ewig in die son lê en bak met niks tusssenin nie. Boerdery en toerisme was natuurlik die geldmakers vir die suide, maar nadat die Vingerklip loop omval het, het toerisme na Keetmans toe begin kwyn en Oom Hampie moes plan sien om die dorp weer op die kaart te kry.

Maar die Burgermeester van Mariental het besluit om die doenigheid in die kiem te smoor. Sy heel eerste plan was op robots in Mariental se hoofstraat te laat instaleer teen ‘n helse onkoste. Niemand het geklaag nie, want so iets was ‘n nuutjie in Marietal en die mense was baie opgewonde toe die gate beginne grou word waar die robot pale geplant sou word. So het die dag dan aangekom waarop die robots onder luide toejuiging van die dorp se inwoners aan geswiets is en waar hulle met absolute bewondering staan en kyk het hoe die robots van groen na oranje en dan sommer weer na rooi toe oorslaan. Die mense het bly staar en srtaar en die Burgermeeser moes later die konstabel vra om die mense te verwiller, wan thy wou nie graag hê die beskoerers moest dink hulle is niksgewoond nie. Set die mense dan toe uitgewyk en die robots vanaf die koöperasie se stoep loop gade slaan.

Nou vir die meeste mense in Marietal wat nooit uit die dorp kom nie was dit maar moeilik om te verduidelik hoe daar gery moet word oor daardie ligte. In die eerste week was daar so hittete ‘n groot ongeluk toe die een boer met soveel aandag na die rooi ligte sit staar dat hy reg oor die robot ry sonder om te briek en amper in oom Gert se spoorweg lorrie loop in neuk. Gelukkig had oom Gert ‘n harde stem. Toe hy skreeu toe briek daai boertjie soos wat geen rooi lig hom ooit laat briek het nie.

Dit bring my dan weer terug na Wilhelm van die besproeings skema. Nuus het uitgefilter na die omliggende plase toe en die robot was natuurlik vir 6 maande die besprekings punt van elke liewe geselskap in die kontrei. Teen die tyd wat dit dan by Wilhelm uitkom was hy toe heel gefassineerd deur die hele gedoente. “Nou waarvoor het hulle dan die ligte by die petrol stasie loop oppsit?”, vra hy vir Jakobus Vleermuis wat met die nuus die Sondag middag by sy strooise aankom. Jakobus het toe al die reël vers en kapittel geken en hy was die skema se ekspert met die dat sy jong broer ‘n drywers liksens gehad het. “Nee jy sien dis vooruitgang swaer Wilhelm” seg hy toe ewe belangrik soos wat hy die burgermeester sien praat het.

“Kyk swaer Wilhelm as djy in die dorp ry en die ligte slaan rooi dan moet djy briek. Dan moet djy wag laddie ligte wier groen slaan en dan kan djy maar ry.” Ou Wilhelm het aandag sit luister en toe sy kop laat sak en noukeurig aan sy pyp sit suig. “En as die lig oranje is wat maak djy dan?” “Nee kyk dan moet djy rondkyk. As djy niemand sien nie kan djy maar vinnig ry” “En as djy ry en die lig is rooi, wat dan?” “Wilhelm…. dan kaak djy”

Paydag het gekom en ou Wilhelm het vroeg die vorige aand vir Goliat en Simson loop vang en hulle onder die peperboom kom kniehalter waar hulle dan die nag moes slaap sodat hy hulle vroeg-vroeg die volgende oggend kon inspan. Want hy weet mos nou al. As jy haastig is en jy wil ry dan is Simson weg en Goliat staat kyk jou net aan as jy vloek. So het hy dan die volgende oggen 4 uur opgestaan en die twee donkies in die harnas ingegespe en voor die karretjie ingespan.

Hy en ou Saartjie is 5 uur daar weg met ou Saartjie toegewoel onder ‘n army kombers teen die voordag koue. Teen die tyd dat hulle Mariental se uitdraai bereik, kom die sonnetjie dan ook net-net uit. Soos hy dan die laaste lang draai in die dorp inry sien hy dan vir die eerste keer die stel groen ligte waarvan hy net gehoor het. Soos hy by Jakop gehoor het, is dit reg om te ry, maar hy het nie ver gery nie toe raak die ligte daar voor eers oranje en toe rooi en ferm trek ou Wilhelm die leisels in en dankbaar loop staan die luie Simson en Goliat. Na so ‘n tydtjie raak die ligte groen en gee hy ‘n raps in die rug bo die donkies se ore. Traag trek die twee weer aan die harnas en lui-lui kry hulle hul draf pas soos net ‘n donkie kan draf, maar nie baie verder nie loop slaan die ligte daar voor weer oranje en toe rooi en weer trek ou Wilhelm die leisels in.

So het hulle dan staan-staan die dorp ingery tot by die koöperasie. Die moeilikste deel vir ou Wilhelm was om die heel tyd te sit en omkyk nadat hulle verby die robots gery het. Want hy moes kyk waar hy ry en dan moes hy sit en omkyk vir wanneer die ligte weer laat weet lat hy moet stop. Ou Wilhelm se hart was swaar daardie heel voordag wat ou Saartjie met blink kraalogies in die koöperasie geshop het. Soos die Nama/Damara volkie mos nou is, word daar eers 6 boksies Kloof koffie gekoop. Dan word daar vir die kleingeld gewag. Dan word die kleingeld buite op die koöperasie se stoep loop tel en dan word daar beraadslaag. Dan gaat ou Saartjie weer in om ‘n pond suker te loop vra. Die kleinegeld word dan weer gevat en buite op die stoep geloop tel. En so gaan dit dan aan.

Ek sal nooit weet hoekom hulle so maak nie. Ek het nooit gevra nie, want om so iets te vra sal baie ongeskik wees. Want dit is die mense se tradisie. Die Koöperasie tannie was dit gewoond en sy het met groot geduld die inkopies hanteer. Soms moes sy met groter geduld verduidelik het dat sy hulle nie verneuk het nie en dat die kleingeld reg was. So hier teen 3 uur in die middag se kant het ou Saartjie alles gehad wat sy wou hê en sy het sowaar ook vir ou Wilhelm ‘n stukkie pruimtwak ook gekoop en liefderik in sy hand kom stop.

Op pad terug was dit weer die selle storie met die robot doer annerkant. Hulle is stop en ry stop en ry daar uit en toe hulle om die laaste draai gaan en die ligte is weg was ou Wilhelm ‘n baie gelukkige man. Die aand het hy bedruk in hulle ou holrug bedtjie met die klapperhaar matras loop inklim en daar lê en steun en kreun. Dan draai hy diekant toe en dan draai hy daai kant toe. Ou Saartjie vra later vir hom. “Wat kan jy nie stil lê nie? Het jy weer bal luis in die dorp loop optel toe ek my rug draai.?” En so kraai ou Saartjie vannie lag, want sy weet maar te goed dat ou Wilhelm sy laaste daad 5 jaar terug gedoen het en toe nooit weer nie. Ouderdom het hom gevang.

Terwyl ou Saartjie dan so lê en kekkel soos ‘n broeis hen vannie lag vra ou Wilhelm ewe hartseer. “Saartjie, hoekom moet daar rooiligte in die ou wêreld wees?”

Oom Jolly van Hentiesbaai
Min mense sien die absolute skoonheid van die dorpie, Hentiesbaai in as hulle eers in Swakopmund was. Swakopmund is ons mekka vir al wat toeriste is van oorsee tot die mense van RSA wat kom kuier. Maar as jy van die plaaslike mense ken dan verlaat jy gewoonlik die toeriste roetes en dan trap jy jou eie stel spore deur die namibsand. Soos jy aangery kom na Henties baai, so kry jy van ver af die uitdrukking dat dit net maar nog ‘n kampeer plek langs die see is met ‘n naam soos Wlotkasbaken of Jakkelsputz, maar soos jy naderkom sien jy dan die huise duideliker waar hulle tussen die soutbosse opstaan en dan weet jy dat jy in Hentiesbaai arriveer het. Jy bevind jou op ‘n netjies dubbel laan hoofstraat wat dan tot by die eerste 4 rigting stop uitloop en hier draai jy dan links as jy na die naaste hotel wil gaan om jou keel bietjie nat te maak.

Die hotel wat jy die maklikste sal vind in Hotel De Duine. Hierdie hotel staan gebou op een helse groot sandbank. As jy op die rand van die sandbank gaan staan dan lê die see uitgestrek onder jou. Hoeveel keer het ek daar gestaan en dan sommer my hande na weerskante uitgestrek soos ‘n dominee van sy kudde seën na die kerkdiens. Dan het ek my ogens toegemaak en my verbeel ek is ‘n seemeeu en die see briese wat van onder van die see af opstoot boontoe na waar ek staan gee my die ervaring van ‘n meeu in die vlug. Koel seelug met die geur van salpeter en bamboes in my neusgate. Verlore in die droomlug om my.

As jy by die vier rigting stopstraat reguit aanry kry jy die golfbaan van Hentiesbaai. Hierdie glofbaan bestaan maar eintlik net uit 9 putjies met setperke hier en daar in die oop sand. As jy jou bal hier in die wind in afslaan staan jy met jou oë vol seesand. Soms sal ‘n parmantige seeumeeu kom neestryk en dan laat spaander met jou bôl na wie weet waar in die woestyn en en jy sal daai bôl nie nie weer sien nie. Soos jy met die straat aanry kry jy dan jou eerste draai in die pad en op die binnekant van die draai sal jy dan Oom Jolly se blou en wit muur sien met die groot geskrif daarteen: “Jolly Patrollie” Hoeveel glimlagte het díe naam ontketen?

Ek het reeds van oom Kas en sy Tornado geskryf maar ek sal nooit verby oom Jolly se muur ry sonder om aan oom Kas ook te dink nie. Oom Kas was die een man wat oom Jolly se muur twee keer omgery het en twee keer weer moes laat opbou het. Die eerste keer was dit met sy Ford Cortina drieliter bakkie en die twede keer was dit met sy Alfa Romeo. Oom Kas was een van die manne wat graag by De Duine in die kroeg gaan kuier het tot wie weet hoe laat in die nagte. Dan was daar gefuif sonder weerga. Soos die partytjie dan tot ‘n end kom, het oom Kas dan in sy motor geklim en so van oom Kas van Tsumeb af in gedaante verwissel tot Stirling Moss van London… Dan was die oop pad oom Kas se speelplek en kon díe oom jaag. Daar was niks fout met sy manier van bestuur nie. Daar was net een fout met oom Kas. Hy kon nooit die draai in die pad voor oom Jolly se huis onthou nie.

Eers as die letters Jolly Patrollie voor hom opdoem, dan het hy onthou maar dan was dit ook te laat. So het hy twee goeie karre afgeskryf en twee mure gebou. Oom Jolly self, was nooit kwaad vir oom Kas nie. Die twee het baie van mekaar gehou. Oom Jolly was bekend dat hy die grootste stel tools in sy garage gehad het waar selfs die eienaar van die plaaslike vulstasie van tyd tot tyd by hom kom tools leen het. Baie keer was ek soontoe om ‘n spesiale tool te gaan leen en elke keer het ek ‘n bottle Chateau en coke saamgevat. Oom Jolly het ‘n snaakse manier gehad om sy dop te mix. Hy het eers ‘n goeie skoot brandewyn ingegooi. Dan een kwart coke en een kwart water onder die kraan loop intap. Ek self het maar sy voorbeeld gevolg om nie aanstoot te gee nie. Dit was nogal nie te eienaardig nie. Die dop drink ek nog van tyd tot tyd as die gewone dop te soet raak en in my keel vasteek.

Die dop noem ek en almal wat ek ken ‘n Jolly Patrollie. Met groot deernis dink ek vanaand aan oom Jolly. Ek sien hom sommer op sy stoep staan en na die karre staan en kyk soos hulle verbykom. ‘n Ou oom wat in Henties kom aftree het na ‘n leeftyd van motors herstel. Al wat hy deesdae doen is om te kyk hoe die karre verbyry. Wat in oom Jolly se gedagtes omgaan, sal niemand seker ooit weet nie. Miskien wonder hy waneer iemand weer en van sy tools wil kom leen. Miskien is hy lus vir ‘n Jolly Patrollie.

Pappegaaie op Langstrand
Ek was  lanklaas op vakansie weg van die huis af. Ek het die kans om hierdie desember  aft e sit na Katima mulilo toe. Maar diep in my hard ruis die see op Langstrand  en onwillekeurig lei dit my denke na die laaste keer wat ek op die strand was.  Ek is eintlik een van daai soort mense wat baie verknog aan sy huis en haard is  en dit nie kan verdra om weg te wees van die huis af vir te lank nie. Ek onthou  goed ons was die langnaweek in 2003 weg om vir vriend André te gaan kuier op  Walvisbaai. Dit was ‘n naweek van baie drank en by nuwe voëls wat ek agter in my  my Newman’s Guide to Birds kon incheck as ‘n voël wat ek gesien het. Ek was so  gelukkig om een Albatros te sien ‘n geweldige groot voël en ek kon een bruin  pelikaan van naby betrag wat André vir my in die vlakwater gaan vang het. Die  ding stink boontoe!

Ewenwel. Op hierdie Saterdagmore is ons almal vroeg-vroeg al op en agter  op André se Ford Courier en so het ons al op die strand gery. So elke 500m stop  ons om die glase te hervul. Agter op die bakkie was een boks vol Cheateu  Brandewyn en een krat vol 2 liter bottles coke. Van die vroumense wat saam was  het girly drank ook saamgevat soos rooiwyn en Amarula, maar ek het nie juis  opgelet wat alles daar was nie. Ek onthou net ou Vierperdewa soos ons André se  girlfriend noem, het Fordkarre gedrink. Dit is nou as jy Cape to Rio (10 Rand  Kaaptoe)Cane en Fanta orange bymekaar mix.

Nou,  die dag was almal vrolik. Die see aan jou linker kant en die sand duine aan jou  regter kant en die wind in jou hare. Almal het lekker gelag en korswil en soos  die brandewyn en fordkar gevloei het, so het die gelaggery dan ook in volume  toegeneem. Die kwinkslae het al snaakser geklink en almal kon al makliker  lag. Is dit dan werklik sonde om jouself af en  toe te geniet sonder enige weerga?

So ry  ons aan en toe loop ry André teen ‘n soutbos uit en switch die bakkie se engine  af. So klim ons dan toe almal af en staan rond terwyl die glase hervul word. En  hier kom stop ‘n ou met ‘n GP nommerplaat en soos alle Namibianers nou maar  eenmal is groet ons die man met luidrugtige vrolikheid. Die man het ons almal  eers baie onseker deurgekyk en toe versigtig gevra of hy kan help. So antwoord  ons dan almal soos een man ewe vrolik “Ja!”

Hy  maak toe die ou fout wat elke Gautenger vir elke Namibianer wat lyk of hy vassit  vra: “Het julle ‘n tou?” En soos een man antwoord ons toe: ”Ons het Chateau!”  … dikbek is die ou daar weg in ‘n luidrugtige gelag en ek wonder vandag nog of  die man ons grappie gevang het of hy regtig nie weet wat Chateau brandy  is nie of as hy net die dag moerig was. Ek sal  seker nooit weet nie. Met sy splinternuwe Mitshubisi ry hy sommer teen die  naaste rooi duin uit en toe maak hy die fout wat alle nuwelinge maak. Hy loop  sit die ding in donkie gear en daar skop hy homself vas.

André  seg toe ons sal seker maar eers so ‘n bietjie langer moet staan voor ons die man  loop help, want hy is mos hier weg met een dikbek terwyl hy eintlik saam met ons  moes gelag het. Terwyl ons so staan en praat kom die man aangery oor wie die  hele storie nou eintlik gaan. Soos hy verbyry hang hy halflyf by sy Golf uit en  waai ewe vrolik in ons rigting. Nou sal jy wil weet hoe die man met ‘n Golf op  die strand ry. Nou praat ek van daai heel eerste 1100 Golfies wat uitgekom het  net nadat hulle die Beetle ophou maak het. Ek kan jou verseker dat jy baie  verbaas gaan wees as jy sien waarmee ons alles op die strand ry. Ek self het met  my ou brood kombi baie kilometres op die klok gesit op strande. Ek het eendag  gesien hoe ry ‘n Baster verby met ‘n Datsun Pulsar met ten minste sewe mense  soos sardyne ingeryg in die kar. Dit is iets wat vir die manne van die Republiek  nie ‘n bekende gesig is nie, want soos ek verstaan is daar baie strande waar  motors glad nie toegelaat word nie.

Die  man met die Golfie ry toe aan en sien toe ook die petalje van die Gautenger wat  teen die duin vas sit. Hy swenk toe deftig uit en loop parkeer so reg langs die  ou en klim uit en buk by sy venster in wat toe al redelik laag sit soos die kar  in die sand ingespin is en vra ewe hoflik: “Kan ek help meneer?” Die Gautenger  sit en kyk beurtelings na hom en dan na sy Golf en dan weer na die man. Ek weet  vandag nog nie wat hom die meeste verbaas het nie. Die Golfie wat langs sy 4×4  parkeer staan teen die duin of die hemp wat die man gedra het nie.

Die  man se hemp was so blou soos die hemel van Namibia bo sy blonde kop en op elke  kant van die knope was daar een groot rooi pappagaai en een groot groen  pappagaai. Net die boonste knoop van die hemp was vas en die hemp het sorgvry  oor sy bruin lyf gewapper. Nou ek weet dat dit vir een man baie moeilik is om ‘n  ander man as aantreklik te beskryf, maar ek kan regtig nie anders as om die man  ‘n baie treffende spesiment van die genus Homo sapiens te beskrywe nie. Lang man  wat my reg in my oë kom kyk. Lang blonde hare wat tot agter onder sy blaaie hang  en bruingebrand soos wat  net ‘n  miljoener kon lyk.

Tog  was die man gee miljoener nie. Teen hierdie tyd het morbiede nuuskierigheid ons  almal na die toneel gelok en daar het ons die affere staan en gade slaan. Die  Gautenger het teen die tyd ‘n goeie skoot stage fright agter die blad en kon glad  nie ophou bloos nie. Al wat die Gautenger kon uitwurg was: “Het JY dalk ‘n tou?” Maar die man met die  Hollywood voorkoms wat uit die gehawende ou Golfie uitgeklim het, het hom net  een lang, lui glimlag gegee en hom vertel dat hy  nie ‘n tou gehad nie.  Hy het net vir die Gautenger gevra om uit te  klim. Daarna het hy agter die stang ingeklim. Toe die Gautenger dan teenstribbel  toe vertel Hollywoord vir hom: “Daar sit my vroutjie in my Golf. Dis een ding op  hierdie aarde wat ek nooit agter sal laat nie.”

Onwillekeurig het almal se oë dan sy vinger gevolg en die vroutjie in die  golf betrag. Die vroutjie van hom was ‘n fris meisiekind wat die skaal so by  150kg laat kreun het as ek reg geskat het, maar sy het die mooiste oë gehad, so  ek kon verstaan hoekom hy haar bo ‘n spilinternuwe Mistshubisi kon verkies. Hy  het ewe behendig die kar agteruit teen die duin af reverse en hom daar onder op  ‘n kol stewige sand gaan parkeer en toe die verligte Gautenger ‘n ferm handdruk  gegee en met ‘n glimlag vol spierwit tande het hy in sy Golfie geklim en sonder  enige moeite daar weggery.

Die  aand het ons dan varktjops en boerewors op die kole gehad op André se grasperk  voor sy huis. En soos ons sit en gesels, kom die man en sy vroutjie daar  hand-aan-hand verbygestap. My eerste instink was om die man nader te roep en hom  ‘n dop in te gooi en van nader te leer ken, maar Andrë wou niks weet nie. Soos  op alle dorpe en stede is daar onsigbare grense tussen verskillende groepe mense  ongeag van velkleur en geloof. André  was  ‘n ship builder en het behoort tot die elite groep van die dorp. Hollywood was  ‘n visterman op een van die portugese skuite en dus was daar nie sprake van  vriendskap tussen dié twee nie.

Omdat  André ons gasheer was en my suster my met deurdringende ogens staan en aankyk  het, het ek toe maar nie teengestribbel nie. Ek het nie vir André uitgewys dat  meeste van die dissipels ook maar eers vistermanne was nie. Ek het maar met  groot telleurstelling staan en kyk hoe die tweetjies  duidelik verlief op mekaar reg in die son  ingeloop het wat oor die koue Benguela gesak het nie. Die koel aandwindtjie het  in my hare gespeel en in my oor gefluiter: “ Another life, another  time”

Puru Puru

Oom Kas en die Tornado
Oom Kas is in Tsumeb gebore. Daar het hy  skoolgegaan en later by TCL, die kopermyn, gaan werk. Later van jarre het hy  ook ‘n plot gehad waar hy met groente en met hoenders geboer het. Nou vi r  Oom Kas het ek leer ken met die wat hy Alfred se pa was en my swaer, Ferdie,  se broer. Nou vir Alfred like ek net soveel as wat ek vir Ferdie laaik  en ‘n braai is nie ‘n braai as Alfred nie daar is nie.

So het ek dan  vir Oom Kas net ‘n paar keer in my lewe ontmoet, maar  elke keer het die  oom ‘n groot indruk op my gelaat. Hy was so hard soos ‘n engine se  sub-eassembly blok en het ‘n handruk soos ‘n bench  vice gehad. En hy was  nie onnosel nie, nee. Die oom het sy plante  intiem geken. Hoe meer ek  hom uit gevrae het om sy kennis te toets hoe  meer het hy my  beïndruk.

Oom Kas was soos enige suidwester lief om see toe te gaan. En  wat sal  jy dan nou by die see loop maak sonder ‘n ordentlike ryding?  Vroeër  jarre was viertrek voertuie net vir ryk mense en almal het maar  op die  strand rondgery met hulle kombis of bakkies en hier en daar  die  onmiskenbare gebrom van ‘n beach buggy. Nou Oom Kas kom toe eendag  af

op die Jeep Tornado en kon toe glad nie die drang keer nie en  het  dadelik die viertrek stasiewa gekoop en die volgende naweek besluit  om  af t e sit see toe. Die tannie was nie vreeslik beindruk met  die  “winskopie”nie en het geweier om saam te gaan.

So Oom Kas en  Alfred is toe na werk die Vrydagaand weg op sumeb en  oppad Swakopmund  toe. Nou kan ek julle vertel dat die pad tussen  Tsumebe en Swakop ‘n  redelike distansie is. Oom Kas het besluit om die  hoofpad by Otjiwarongo  te verlaat en om oor Omaruru te ry tot by  Karibib en dan van daar af tot  by Usakos en dan deur die woestyn tot  by Hentiesbaai waar enige stoere  suidwester verkies om te loop bly  eerder as in Swakopmund.

Soos  Oom Kas en Alfred gery het, so het die drank dan ook vrylik  gevloei met  die dat die tante nie daar was om te vermaan nie. So teen  die tyd wat  hulle deur Usakos is, was dit net na middernag. So het  hulle dan die  gruispad Henties toe gevat wat kort onder die Spitzkoppe  deurloop en so  het hulle stop-stop gery om glase vol te maak en om  water af te slaan.  By Spitskoppe kry Oom Kas toe sy eerste papwiel.

Hulle kon die berge  net-net teen die sterre uitmaak. So het hulle dan  die jack uit gehaal en  die Tornado opgejack en die wiel omgeruil.  Entjie verder kom hulle agter  die wiel is nogal die tyd pap. Uitgeklim  kom hulle agter hulle het die  verkeerde wiel om geruil en so maak

hulle toe reg wat hulle droog gemaak  het terwyl die een die ander  luidkeels verwyt. Teen die tyd wat hulle  die vreemde kar in die  pikdonker nag die tweede keer opgejack het was  altwee toe ook al ver  heen.

So toe Alfred die pap tyre agter ingooi toe  trek Oom Kas weg en  seg vir Alfie: “Die sand is glad in die wêreld”. So  hou hy dan toe die  revs versigting in die lae toere waar die Tornado se  wringkrag dan ook  die beste is. En net so sit raak die Oom aan die slaap  reg agter die

stuurwiel.

As enige iemand die nag daar gestop het  en die petalje bekyk het sou  hy of sy seker stom geslaan al rondom die  toneel geloop het. Want nie  een van die twee het onthou om die kar af te  jack nie. So het die  Tornado met sy een agterwiel in die lug gestaan en  draai en in die

sterrelig sien jy vir pa en seun voor in die Tornado vas  aan die  slaap.

Met ligdag ruk Oom Kas uit sy slaap en seg so  ewe: “Maar ons is dan  nog altyd by die Spitzkoppe!”  Oom Kas is  vyf jaar gelede op Tsumeb begrawe. Een van die laastes van

sy soort. Rus  sag, Oom Kas. Jy was een van die min mense wat ‘n  tornado gery het.  Hulle vertel mos dat die een cowboy ‘n tornado kon  ry terwyl hy sy  sigaar gerook het. Jy, Oom Kas, het vir hom gery  terwyl jy rustig  geslaap het. Ons mis jou.

Puru Puru

Oom Gert van Rehoboth
Oom  Gert het sy hele leeftyd in Rehoboth gebly. Hy was nie soos meeste van die  Rehoboth Basters ‘n pendelaar nie. Die Basters is trotse mense en noem hulle  self Basters met trots. Hulle is die nasate van die gemeenskap tussen die  Cornwall mynwerkers, wat langs die Groot Rivier gedelwe het en die Khoikhosan  wat in hierdie omtrek woonagtig was.

So het  hulle die gelaatstrekke van byde die Europeër en die Nama van ouds. Basters is  vriendelike mense, maar boeta, moenie aan sy gat krap as dit nie jeuk nie. Dan  is daar moelikheid. Hulle is lief vir Rehoboth omdat dit die grond was wat hulle  van die regering van die dag gekry het en vir elke morg uit hul eie sak betaal  het. Hier slaap hulle elke aand en ry vroeg oggend om 80 km verder in Windhoek  te gaan werk. Deesdae is daar baie Basters wat in Windhoek bly, maar hulle is  lief daarvoor om in die naweke terug te gaan na hulle wortels toe en daar by  familie en vriend te gaan kuier.

Oom  Gert was een van die Basters wat op Rehoboth gewoon en gewerk het. Hy was ‘n  vorsgeboude man en kon bou en pleister soos geen ander Baster hom kon nadoen  nie. Nou soos almal weet, is die mense van Rehoboth bekend vir hulle goeie en  vinnige bouwerk so as een bo die ander duisende kon uitstaan dan was hy  inderdaad ‘n voorslag van ‘n bouer.

Oom  Gert is met ‘n baksteen in een hand en ‘n troffel in die ander hand gebore en  het sy tandvleiste deur gebyt om sy vadertjie se waterpas. Bou kom hy bou. As hy  so op die steilers staan lyk dit of daar ‘n muur uit die grond onder sy voete te  voorskyn kom, so vinnig het hy dit gedoen. As hy pleister dan kon jy nie ‘n  kleinste defek in sy oppervalk kry nie.

So was  Oom Gert. Soos wat hy gebou het, het hy van almal onder sy toesig verwag om te  bou. Maar in sy hele lewe was daar nooit een Baster wat by hom kon kers vashou  nie. Hy was ‘n streng man en teëpraat he thy nie geduld nie. So het hy dan  menigmaal ‘n jongeling in die stof laat neerslaan met ‘n harde klap vannie  oophand as die nie wou luister nie. Hy het mos die een Donderdag een van die  messelaars reg vannie steilers afgeklap lat díe een verdieping ondertoe op sy  gat beland.

Nou  daar was een ding wat oom Gert nie gelike het nie. Dit was om sy geliefde  Rehoboth te verlaat vir die maandelikse inkopies in Windhoek, want soos almal  weet is Windhoek se groot winkels die goedkoopste. Maar die baie karre op die  pad soontoe en die swerm ongemanierde drywers in Windhoek het vir Oom Gert se  senuwees op gemaak. So was sy senuwees dan al goed uitgerafel so teen 12 uur op  ‘n Saterdag oggend en dan wou hy opsluit Rehoboth toe.

Of  vroulief nou klaar gekoop het of nie. Nou die een oggend was dit weer soos elke  Paydag op ‘n Saterdag in Windhoek. Die hele dorp was toe onner mense en almal  wou iets kom koop. So het hy díe dag gesukkel om vroumenre  van een  winkel na die ander te ry en dan nog die gesukkel om parkeerplek ook te  kry.  So teen 12 uur toe stuur hy sy jongste om sy ma te loop seg  hy ry nou. Buig of bars. Die tante het met een laaste verlangende kyk na die  mooi kant in die materiaal winkel  die plek verlaat, want sy ken  mos nou al vir ou Gert. Teen die tysd staan en trap hy van een voet af na die  anner een die soos ‘n perd op warm sand.

Nou ja  oppad uit Windhoek uit is daar die duikweg op Rehobether Weg.  Hier  maak die pad bottelnek onder die treinspoor deur en dan is dit ook net mooi hier  waar Oom Gert dan toe die bakkie laat stol en toe die calburettor flood met die  oorhaastigheid om weer weg te trek.  Hy klim daar uit en alte bewus  van al die frustreerde ogens agter hom op sy rug staan en wonner Oom Gert nou  verbouereerd: “Wat nou?” Dis toe dat Oom Gert se sunuwees ingee en hy by die  bakkie inbuk en sy leer sweep daar uit trek wat hy vir die skollies daar gesit  het. Hy trek toe los en beginne moer die bakkie al teen die kant af en bulder:  “Hier gaat jy nie vir jou steeks hou nie jou hoerkênd” Nadat hy die bakkie een  verdekslese drag slae gegee het klim hy agter die stang in en start die bakkie.  Die bakkie start soos ‘n droom en daar gaan Oom Gert met sy vrou en oudste  dogter voor in die Toyota en sy vyf seuns en 3 dogters agter in.

Oom  Gert het net een swakte in die lewe gehad, soos almal van ons maar ons eie  swaktes het wat ons mens maak. Oom Gert was vreeslik ydel. Hy kon maar alte  lekker spog. So het die ou oom dan elke end van die maand by Kentucky gaan stop  en dan het hy sy vrou gestuur om die 12 piece family feast te gaan haal, al kon  hy dit nie eintlik bekostig nie. So het hulle dan met die noenmaal in Rehoboth  die Kentucky so sit en verdeel dat elkeen darem ‘n happie daarvan kan kry saam  met ma se berg rys en mooi sate ertappels en groenboontjies. Dan het Oom Gert  skaam-skaam sy kop laat sak en die die Helmelse Vader bedank vir die gereg wat  hy aan hulle vorrsien het en sit en wonner het of Oubaas hom sy oordadigheid met  die Kentucky sal vergewe.

As  hulle dan klaar geëet het, het sy jongste die ritueel voltooi deur vir hom die  leë Kentucky boks op die stoep te bring waar hy met ‘n blikbeker vol koffie en  sy ou  pyp met Black&White tabak ontspan. So het die ou  dan  effens selfbewus met die boks opgestaan en dan die boks in  stukke geskeur en die stukke op strategiese plekke in sy erfie loop rondgooi het  waar dit dan ‘n advertensie vir Oom Gert was. Díe man was so well away dat sy  mense Kentucky kan eet…

Oom  Gert lewe nie meer nie. Sy begrafnis was een van die grootstes wat ooit in  Rehoboth gehou is. Familie en vriende het van heinde en verre daar aangekom.  Daar was self sprake daarvan dat daar nie net een geveg was nie maar sommer ‘n  hele paar waarvan een ‘n moerse bakleiery afgegee het om sy waak.

Rus  sag Oom Gert. Laat die vereelte ou hande maar op jou borskas rus en laat die wat  jou klappe weg het, trots wees daarop. Jy was een van die laaste ou grotes. Jy  kon vir jou groot gesin Kentucky koop al was jy dan so arm. Die Oubaas sal jou  vergewe, want Hy weet mos hoe lekker Kentucky is.

Puru Puru

Eddie Ysterkar
Eddie  het op Walvisbaai gewoon. Om die waarheid te sê woon hy nog altyd daar.  Doodgelukkig. Nou Eddie was ‘n boilermaker en het op die hawe skuite gesweis.  Soos die skepe inkom met lekplekke, so het hulle vir Eddie Ysterkar afgestuur in  die donker dieptes van die skip in om die lekplek te loop toe sweis. Eddie, soos  baie van die mense wat op die skepe sweis, gebruik nie altyd sy sweis masker  nie, want onder in die skip is dit gewoonlik donker nag en die blou lig van die  sweisvlam kom skyn sommer hier van agter af in om die hel uit jou ogens uit te  irriteer.

Eddie  het geleer dat jy mik in die flou lig van die storm lantern en dan maak jy jou  oë toe so met die vatslag van die sweis stok. Eddie kon nie juis mooi sien nie  en het baie dik brille gedra. Soos hy dan sweis so spat die gesmelte  druppeltjies metaal op sy brille en los dan ‘n merkie saam met die duisende  ander. Ook as hy met die angle grinder inklim om sy sweis plekke netjies af te  skuur. Menige skeepskaptein het agter hom kom staan en met openlike bewondering  na die sweis plek gekyk. Baie van hulle het hom eenkant toe getrek met a  verleidelike voorstel van ‘n groot salaris as hy permanent op hulle skepe kom  werk. Maar elke keer het Eddie botweg geweier. Want in Eddie se yard het sy  droom vorm aangeneem.

Elke  middag as Eddie huiswaarts gaan dan het hy vir hom ‘n stuk cut-off plaat metaal  saamgevat . Die fabrieks bestuurder het nie omgegee nie, want wat worry hulle  nou oor cut-offs?  Maar hy kon nooit sy  nuuskierigheid beteul nie. Eendag toe vra hy vir Eddie: “Jong, wat de hel maak  jy met die plate wat jy elke dag so wegdra? “ Eddie het hom met groot ogens  agter sy dik brille aangekyk en vir hom vertel dat hy besig is om vir hom ‘n kar  te bou. ‘n Mooie kar waarmee hy eendag op Duin 7 wil gaan ry. So het hy jaar in  en jaar uit ysterplate aangedra. Toe ek dan nou by die braaivleis plek staan en  vir Ferdie nuuskierig vra: “Nou hoe lyk die kar dan nou toe? “, kon hy my nie  antwoord nie, want niemand het genoeg belangstelling gehad om te loop kyk wat in  sy erf vorm aanneem nie.

Ferdie  vertel my dat hy, so vier maande terug in die mall loop en gesels met my suster  saam. Toe kom klop iemand hom op die skouer en hier staan Eddie Ysterkar en hy  vra: “Ferdie is dit jy?”. Eddie Ysterkar se dik brille was dan toe ook so vaal  van die sweis druppels wat daar op gespat het, dat Ediie nie meer kon sien nie.  Maar hy het vir Ferdie dadelik aan sy stem herken. Toe Hannelie dan ewe bly  groet toe spring Eddie Ysterkar kiertstregop en trek sy das, wat hy saam met ‘n  getjekte kortmou hemp dra, reguit en groet vir Hannelie we plegtig, want soos  alle Namib mense mos is, is Eddie ‘n ware gentleman.

Die  groot vetkolle op sy hemp het hulle nie ontgaan nie, maar tog het hulle hom  hartlik gegroet reg in Maerua Mall tussen duisende mense, want hier voor hulle  was ‘n deeltjie van die Namib. So eg en so uit sy plek uit in die mall soos ‘n  regte sand duin. Op Ferdie se vraag wat hy dan nou einlik in Windhoek kom maak  het vertel hy toe: “Nee, jy sien, Ferdie. Die werk het my Windhoek toe gestuur  vir nuwe brille”

Daar  is so baie eenvoudige mense soos Eddie Ysterkar hier in Namibia. En so baie van  hulle is liewe, goeie mense wat langsaam met jou sal sit en gesels oor die sy  lewe en oor sy hond. Baie mense vind dit maar vervelig en sal dan later opstaan  en by iemand anders loop sit en gesels in die bar. Maar omdat Ferdie die bar  besit het en barman was, het hy elke Saterdag middag een uur lank in Eddie se  geselskap deurgebring. Rustige tye wat altwee geniet het. Tye wat Eddie so  geniet het dat hy jare later Ferdie se stem in die mall herken het.

Jy  moet mooi sweis Eddie. My swaer gaan vir my een van die dae Walvis toe vat en  eerste ding wat ek wil doen is om jou Ysterkar te loop kyk.

Puru Puru

Stout Paul en die Spook
Nou  Paul was een van die meer bekende sakemanne  in Windhoek. Hy bly egter nie meer hier nie.  Ek verneem hy het deesdae ‘n groot lodge in Zambia. Nou, Paul was ook bekend vir  sy stoutighede. Soos dit nou maar vroeër dae by die see was, was daar twee  afleidings terwyl jy vakansie hou. Een was om vis te vang en die ander was om op  die strand en in die Namib woestyd te gaan ry. Hierdie twee stokpertjies kon jy  nie sonder die nodige vloeistowwe doen nie, want om in die Namib te verdwaal  sonder ietsie te drinke is groot moeilikheid

Jy kan  vir dae lank rondry en niemand sien nie. Menige duitse toeriste het dit dan ook  al agter gekom. Nou,  die plaaslike manne  is meer prakties. In plaas van om ‘n groot waterkan saam te piekel is dit beter  om ‘n coolbox vol ys en dumpies aan te ry met ‘n kas brandewyn en twee dosyn  blikkies coke om dood seker te maak jy oorlewe as jy dan verdwaal.

Die  Namib is egter ‘n warm plek en mens se keel raak gou droog. Dit is dan ook sulke  tye dat die inhoud van die coolbox vinnig verdwyn en nou praat ek nie noodwendig  van die ys nie. Dié word versigtig bewaar vir incase die bier opraak. So teen  die tyd dat die Windhoek Lager dumpies opraak, dan trek jy maar een van die  bottles brannewyn uit die karton boks uit en dan drink jy meer vir die sosiaal  as om aan die lewe te bly.

Paul  was nie anders as enige ander Namibianer wat ek ken nie. Sy beachbuggy was  gelaai lat dit lyk of hy bouklip aanry met die ding. Paul was ‘n baie  innoverende intrepeneur so dit was nie net dumpies en brannewyn en mix in sy  beachbuggy nie, nee. Daar was ook ‘n groot gasbottel en ‘n draught drom agter in  te kar. So het hy dan soos ‘n koning draught gedrink sommer so uit die pyp uit  wat hy prakseer het. Nou as jy dink dat Paul baie pelle saamgehad het, maak jy  fout. Hy en sy een mater het aleen so rondgery en gesuip.

Nou  die dag besluit Paul en sy mater dat hulle nou die woestyn gaan invaar met sy  beachbuggy en dat hulle ‘n ondekkings reis soos min wil gaan doen. Hulle plan  was om die nag reg in die Namib te gaan vuurmaak en bogpraat tot volgende oggend  toe soos wat alle Namibianers graag doen. Hulle het gery en gery en die draught  het opgeraak. Toe het hulle die coolbox met Windhoek Lager nader getrek en die  ook uit gesuip. Daarna het die logiese ding dan toe gebeur dat hulle die eerste  bottle brannewyn uitgehaal het en dan een blik coke tussen hulle twee glase  brannewyn gedeel het.

Hulle  was smoordronk en het dit nooit eers oorweeg om te stop vir die nag nie. Nee.  Hulle wou toe net ry. Hier teen donker dagbreek beland hulle op ‘n soutbos. Nou  Paul ken sy storie met die Beach buggy. Hy reverse toe net vir ‘n entjie  agteruit en toe ry hy weer aan. Hy kom toe agter die revs is so ‘n bietjie hoog  en die Volla engine laat hoor van hom. Soo sit ry hy toe maar met sy voet so  liggies op die sneller pedaal. Hoe lank hulle so gery het weet ek nie, maar  eensklap verskyn daar iemand langs hulle.

Die  twee manne kyk gelyktydig na haar. Hulle kyk haar van kop tot tone in die vroeg  oggend lig. Die lang pienk japon gaan nie hulle oë verby nie. En dit is toe dat  Paul se vriend vir hom met a hees stem vertel wat hy toe ook al self weet. Dis  die spook van Walvisbaai. Nou hoe vinniger hy ry hoe nader kom die spook. Dis  toe die spook langs die beachbuggy kom staan dat hy maar die petrolpedaal  los en na die fliek kyk wat voor sy oë verby  speel soos dit maar gebeur met elke man wat die dood innie gesig staar. Tot sy  skaamte sien hy net die een party na die ander wat dan nou sy lewe  was.

Hy beginne toe maar sy woorde formuleer wat hy dan vir ou Petrus by  die pearly gates gaan vertel. En hy bid kliphard. Dis toe die kwaai stem uit die  spook uit kom. “Vir wat moet julle twee donders so vroeg in die oggend staat en  raas?” “Kan julle nie sien die blerrie kar le pens en pooitjies op ‘n soutbos  nie? “ … Nouja. Toe hulle nou eers agterkom die kar beweeg lankal nie meer  vorentoe nie en in die sterker lig herken hulle toe vir antie Baps van  Hentiesbaai. Dis ook toe dat hulle rondkyk en sien hulle staan reg in  Hentiesbaai en nie in die woestyn nie.Anti e Baps is knor-knor daar weg. Groot  was die manne se verleendheid. Hulle het maar daar uitgeklim en die beachbuggy  van die soutbos afgetel en toe maar voor De Duine gaan parkeer om vir die bar te  wag om oop te maak. Want teen die tyd was die drank ook al op.

Iewers  in die oneinigheid van die Namib ry daar vannag definitief iemand rond of  kampeer sommer net uit daar. Om weg te kom van die dorp en sy mense. Of om  skelmpies te kom drink waar die vrou se beskulligende ogens nie die dop in jou  keel laat dwarsdraai nie. Oor hulle skyn die sterreprag van die Namib. Die wind  fluit oor die kruin van die naaste duine en sing die hartseer liedere van soveel  siele wat hier ontkom het van blootstelling en van dors. Hulle luister stil-stil  na hierdie lied en trek dan die glas brannewyn en coke skuldig nader em teug een  die pure lekkerte daarvan en voel hoe dit op hulle tonge bruis. En hulle sit  staar in die vlamme van die vuur. Gesels is oorbodig in die land wat God in  woede gemaak het. Buite die vuurkring is daar die ontsaglikheid van die  Namib.Ver weg tjank ‘n jakkals.

Antie  Baps is twee maande terug oorlede en is begrawe in Tsumeb by haar geliefde man  oor wie ek ook eendag sal skrywe. Rus sag liewe Baps en moenie dat ‘n dronkgat  op ‘n soutbos jy weer kom wakker raas nie. Ek verlang vir jou.

Puru-puru.

Mense van die sand duine
Met heimwee het ek Bierpens se stuk gelees oor hoe hy die Afrikaner graag as een volk wil sien wat saamstaan en mekaar nie in die rug steek nie. Hier praat Bierpens dan natuurlik oor die Afrikaner in Suid Afrika. Suid Afrika wat as die laaste bastion van die Afrikaner beskou is, maar waar hierdie volk met sy stoere voorouers deesdae die twedehandse burgers is. Onwillekeurig dwaal my gedagtes dan na die Dorsland Trekkers. Hoe hulle weg gebreek het van die Suid Afrikaners en hoe hulle soos Moses en sy volk deur die woestyn getrek het om uiteindelik in hulle eie kanaan uit te kom. Oor hierdie mense wil ek graag skrywe.

Sonder die stories van my swear, Ferdie, sou ek dit nie in dieselfde humoristiese of hartseer sin kon oordra het nie. Ferdie is ‘n man wat in Tsumeb gebore is en daar getoë is. ‘n Man wat plat op die aarde loop en vir himself kan lag. Hierdie reeks kort kortverhale wil ek vir Bierpens en al sy lesers vertel sodat dit nie verlore kan gaan in die geskiedenis nie. In hierdie verhale beskryf die produkte van die Namib woestyn. Die mense met plooitjies om die oë wat ver kyk en altyd die horison met hulle oë sal soek.

Mense van die sand duine.

Deel 1:

Die spook van die Namib

Aan die onherbergsame kus van Namibia maak die duine plek vir die soutpanne waar die Kuiseb rivier een maal elke vyf tot tien jaar in die see in loop. Meeste van hierdie soutpanne was daar voor die mens sy voete hier deur die sand kom sleep het. Soos die aanvraag na sout toegeneem het en soos die panne kommersialiseer is, so is die panne dan met behulp van masjienerie uitgebrei tot die geordende damme water wat dit vandag is. Hier sal jy dan troppe flaminke kry wat die asem uit jou longe slaan van die skoonheid wat hierdie voëls in hul miljoene aan die natuur verleen.

In hierdie oop stuk grond tussen al die dreigende duine het die dorpie Walvisbaai dan ook ontsaan. Dit is werklik ‘n pragtige plek en Namibia se internasionale hawe waarop ons so trots is. Strate van teer in teenstelling met die soutpaaie van die res van die kus gebied. Geordende stadsplan met geordende strate waaroor die ruik van die visfabrieke maar altyd hang. Waar die oostewind soms die sand van die duine in die dorp kom neersif sodat dit op jou tande knerts as jy eet. Waar die soel aandluggie oor die meer jou verleidelik kom streel en haar sagte soene om jou wange plaas. Waar mense woon wat gehard geword het teen die halstarrige natuur van yin en yang. Van koel en van verterende hitte. Van see bries tot storm wind. Van stilte en van storms Van lief en van leed.Van goed en kwaad

Bo die SevenEleven Kafee was daar woonstelle waar dar mense gewoon het. In een van hierdie woonstelle het ‘n meise gewoon wat pas besluit het om haar kerel in Swakopmund te bel en hom te vertel dat sy swanger was. Dit was op Paasnaweek. In haar hart het ‘n koue windjie gewaai, maar buite het die oosweer voortgestorm met sand in die strate. Saggies het sy aan hom geprewel van die kind in haar buik. Droewig het sy gehuil en gewonder oor verwerping. Maar tog het die verwerping nie gekom soos wat sy verwag het nie. Absolute verbasing en heerlike verassing het in sy stem deur die telefoon gekom. Al wat sy kon uitmaak was. “Wag vir my. Ek kom gou oor.

Die pad tussen Swakopmund en Walvisbaai is maar nou en loop soos neffens die sand duine verby. Met die Oosweer wat gewaai het kon jy nie veel sien nie. Maar die klong het van blydskap gejubel en het sy voet swaar op die versneller laat rus om so gou as moontlik sy arms om haar skouertjie te gaan vou en om haar gerus te stel dat hy die vader vir haar ongebore kindtjie sou wees.

Soms sit die noodlot en grinnik vir die dinge van mense. Dan sal hy oorleun en groot fiasco veroorsaak om sy morbiede genot aan ongelukke te versadig. Hierdie dag het ‘n bakkie met twee ontevrede vissermanne vanaf Langstrand se uitdraai in die hoof pad ingedraai sonder om die voortsnellende motor te sien aankom. Hier het drie mense hulle lewens op ‘n afskuwelike wyse verloor en die Noodlot welbehaagd laat terugsit om die gevolge te bewonder. Tog was die noodlot nie tevrede nie. Van die eerste konstabeltjies wat op die toneel aangekom het het die jongman dadelik herken en die een is daar fort om sy meise te gaan vertel dat die man van haar drome sy met laaste asem aan hom gefluister het om vir haar te vertel hoe innig lief hy vir haar was en om haar te gaan troos.

Die meisie was redeloos van hartseer en wou opsluit na die toneel van die ongeluk gaan. Die konstabel het haar in sy bakkie soontoe geneem. Die oosweer het voortgestorm asof niks gebeur het nie. Droewig het sy velate in haar liefde in haar hoekie van die kajuit sit en hoop dat alles ‘n fout was en dan haar gliefde nog lewe.. ‘n Dronk bestuurder het uit die stofstorm aangejaag gekom en het die polisiebakkie tromp op getref en sy, die bestuurder en die konstabel na die hiernamaals gestuur.

Die brute hartseer van hierdie verhaal sal altyd vars in die geheue van die kusmense bly, want elke jaar oor paasnaweek staan hierdie miesie verlate langs die kuspad en soek ‘n geleendheid by verbygaande motors na die toneel van die noodlottige ongeluk van haar geliefde. Almal het dit eens dat sy nog in haar nagklere is soos wat sy die dag op die toneel oorlede is. Sommige menses al stop en haar ‘n geleendheid gee.

Sy klim dan woodeloos agter in die motor en kyk jou hartseer in die truspieël aan. As jy dan wegtrek en vir ‘n rukkie lank voortry kom jy skielik agter dan jy aleen in jou voertuig ry. Want die pragtige meisie het uit die motor verdwyn. Die polisie gaan nie meer uitina die toneel toe nie. Sommige mense sal stilhou en haar soek waar sy verdwyn het. Maar geen kusmens sal stop om haar ‘n geleendheid te gee nie. Want hulle weet. Vir haar is daar geen geleendhied meer nie. Sy is maar net ‘n verdwaalde gees wat nie kan rus nie. Soos die oostewind ook maar is. Sal jy ooit rus vind, meisie van die kuspad?

Soos geskryf deur Puru-puru.

Dankie vir die geleendhied Bier!

deur Harry